Vensters Van Ons Kultuur
Wakkerstroom Klassieke Musiekfees 2026
Vir die tweede agtereenvolgende jaar stal plaaslike, sowel as kunstenaars uit die wyer omgewing, tydens die jaarlikse Klassieke Musiekfees uit.
Ons tree as kurators op en met die hulp van vriende en familie uit Wakkerstroom, word die gerestoureerde ou handelshuis, Brown's, in minder as 'n week in 'n gallery en musiekruimte omskep.
Ons is ook baie trots op Matilda se dogter, pottebakker Eylene Clifford, wat vanjaar die feeskunstenaar is.
Moeg na die harde werk laat ons musiek, vorms en kleur oor ons spoel.
Met baie liefde.
George & Matilda

Comments
Post a Comment